gia vang hom nay , seo uy tin , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , dich vu bao ve viet nam , thoi trang viet nam , thoi trang viet nam , tin tuc moi viet nam , tin moi viet nam , chia se mon ngon , phim viet nam , ung dung game , tin giai tri , tin cong nghe , khach san da lat , anh showbiz , my pham trang da , bao da ipad , op lung iphone , bao ipad , tap chi sao , kem duong da , may tinh bang , samsung , dien thoai sky , iphone , smartphone gia re , phim club , bao cong nghe , ipad , iphone 5s , thoi trang , tai game mobile , game mobile , meo vat , me va be , OpenCart Themes , thoi trang tre em

Sarah Theron

Book Artist Now

sarah

Biografie

Sarah Theron was veertien jaar oud toe sy teen betaling begin sing het: vir R80 per aand– destyds ‘n klein fortuin.

Deeglik onderrig in drama het sy een van die land se veelsydigste performers geword – van verhoogwerk tot televisiebekendheid, veral om haar rol as Baby Botha in Frans Marz se M-Net-televervolgverhaal, Egoli – Plek van Goud. Haar talent is met Dalro-, SAMA-, Geraas- en Vonk- benoemings geprys en haar vaardigheid is met ‘n Vita-toekenning bekroon.

Dié enkelmoeder en musiekstêr is bedrywig. Sarah beskryf haarself as ‘n Kaapse nooi wat hou van kook, musiek en die see en lief is vir kinders en die Blues. “Ek doen alles met oorgawe!” Sy hou van mooi goed en gerief. En min dinge stuit haar. “Die matras moet lekker slaap en die yskas moet werk. Ek hou van grimering koop, skoene, rome, badseep, nuwe beddegoed, sjokolade en goeie koffie.”

“Ek is maar pure Weskus. My lewe is taamlik eenvoudig. Ek weet ook dat elke dag ’n geskenk is en alles wat ek het, hoe baie of min dit op daardie stadium mag wees, oornag kan verdwyn. Niks of niemand is bo iets verhewe nie. Alles kan met almal gebeur. Dit my leuse.”

Sarah is ‘n sterk vrou. Sy wou altyd graag die rol van Vera Charles in die blyspel Mame speel, maar kry toe die rol as Baby Botha in die telenovelle Egoli – Plek van Goud. “Nader kon dit nie. My dors is geblus, dink ek. Ek vind dit deesdae baie bevrydend om myself te kan wees: op die verhoog en op die grond! My ouers het my geleer dat ek altyd ‘n keuse het. Ek glo ook aan my eie krag. My ouma Soes het altyd gesê jy kan nie onder die hoenderstellasie sit en as die hoender op jou kop tjorts dan maar aanvaar dis die Here se wil nie! Ek leef hiervolgens!”

Sarah het vier jaar in dramaskool deurgebring; twee op Stellenbosch en twee by die Technikon Pretoria. As een van Suid-Afrika se vaardigste, veelsydigste en talentvolste kunstenaars het Sarah Theron min gelykes. Sy steur haar nie juis aan die grêndgeit van toekennings nie. Inteendeel, erkenning maak haar effens senuweeagtig. Daar was al heelparty, “maar ek dink ‘n mens is net so indrukwekkend soos jou volgende konsert.” Haar repetoire sluit die produksies Yet another fat lady sings again, The fat lady does the ladies, Kiss my jazz, Vurige diva, Suiwer Sarah, Op Die Vrou Af en talle pantomimes in. Sarah, wat in ‘n stadium ‘n haarkapster was, is trots op haar werk – veral oor haar splinternuwe album, Terug na jou. Sy streef voortdurend na geestelike en intellektuele groei. “Ek is weetgierig; nié nuuskierig nie. Ek vra selde uit; ek leer uit waarneming en wag maar geduldig tot iemand hulle geheime met my deel. Ek sal eendag met baie geheime graf toe gaan. En ek lees: álles!” Sarah het ‘n sagte plekkie vir mense wat regtig moeite doen om spesiale tyd saam met vriende en geliefdes te bestee. “Woerts-warts-besoeke en hallo-en-koebaai-gesprekke is nie vir my nie.” En sy berou in retrospek niks. “Ek het geleer en nou weet ek wát ek wéét!”

 

 
Sunday the 19th. Joomla Templates Free. © M4 Events & Promotions