Jannie Moolman
Book Artist Now
BIOGRAFIE
Jannie Moolman, Suid Afrika se mees bekroonde en geliefde tenoor is hier om te bly en harte van oud tot jonk te verower. Hy slaag daarin om sy luisteraars op 'n epiese tog te neem - van sy sielvolle ballades van sy nuutste CD "Ek kom Huistoe", tot immergewilde opera arias, soos "Nessun Dorma".
Jannie het ook 'n ligter speelse kant en het gereeld sy gehore aan die skaterlag met liedjies soos "Kat kom weer", "Angelina / Zooma zooma" en "Jan asseblieftog squeeze my".
Nommers soos Josh Groban se "Remember when it rained" en Coenie de Villiers se "Vir jou" en tydlose treffers soos "Torna a Sorriento" en "L'Hymne L'amour" word almal ook 'n nuwe baadjie aangetrek en op sy unieke manier vertolk.